Oorblywende liggaamsdele van seun by Karibib gevind

Nampol se streeksbevelvoerder in die Erongo-streek, kommissaris Nikolaus Kupembona, het bevestig dat die oorblywende liggaamsdele van ‘n jong seun in Karibib gevind is. Twee hande, voete en bene is Dinsdagoggend ontdek, en die res van die liggaamsdele is vanoggend gevind. Die kommissaris sê daar is ‘n sterk moontlikheid dat dit die liggaamsdele van die sesjarige Adrian Oswyn kan wees wat sedert 4 Oktober vermis word. ’n DNS-ontleding sal gedoen word. Die soektog na Oswyn is dus gestaak nadat die ander liggaamsdele gevind is.