Vullisverwyderaars in SA kry bystand

‘n Webblad wat versekeringsopsies vergelyk, werk saam met ‘n Gautengse vullisverwyderingsorganisasie om 50 vullisverwyderaars van geborgde trollies, vullissakke en toerusting te voorsien. Dié borgskappe sal hulle help om herwinbare vullis in Sandton en Ferndale bymekaar te maak. Die hoof uitvoerende beampte van Hippo.co.za, Bradley du Chenne, sê hulle wil die siening van informele vullisverwyderaars verander in die hoop dat meer ondernemings hulle sal ondersteun: