VSA stel sy B-21 Raider bekend

Die Verenigde State het sy jongste hoë-tegnologie, strategiese bomwerper, die B-21 Raider, bekendgestel. Dit is in staat om kernwapens te dra en kan sonder ‘n bemanning aanboord vlieg. Daar word berig die Amerikaanse lugmag beplan om minstens 100 van die B-21’s aan te koop, teen meer as 12 miljard Namibiese dollar per vliegtuig. Rusland en China is ook besig met die ontwikkeling van strategiese stealth-bomwerpers wat na verwagting met die B-21 gaan meeding.