Cope sal nie by Nkandla-teeparty aansluit nie

Die Congress of the People sê hy verwerp oproepe deur sommige ANC-lede en politieke partye dat President Cyril Ramaphosa moet bedank. Dit volg nadat die Artikel 89-paneel bevind het die president het moontlik die Grondwet oortree en sy ampseed geskend toe hy nie die misdaad in 2020 op sy Phala Phala-plaas in Limpopo by die betrokke owerhede aangemeld het nie. Dennis Bloem van Cope sê hulle weier om die Nkandla-teeparty-agenda te ondersteun om van Ramaphosa ontslae te raak: