Lawrence vat SA Ope

Die Suid-Afrikaner Thriston Lawrence het ‘n begeesterde aanslag van die Fransman Clément Sordet afgeweer en sy eerste Suid-Afrikaanse Ope by die Blair Atholl gholf- en perdelandgoed in Gauteng gebuit. Hy het Saterdag met vyf houe voorgeloop, maar Sondag op die laaste dag gesukkel en uiteindelik in die laaste ronde twee-oor 74 aangeteken om met een hou te wen. Dit is sy derde DP World-titel. Sordet is tweede en die Sweed, Jens Fahrbring, derde. Lawrence sê hierdie oorwinning is vir hom ‘n ongelooflike prestasie: