VSA stel sanksies teen ISIS-rolspelers in SA in

Die Amerikaanse Tesourie sê hy het belangrike individue in ISIS se netwerk in Suid-Afrika en hulle besigheidsbates in sy visier. Hy het sanksies aangekondig teen die ISIS-sel onder leierskap van Farhad Hoomer wat in Durban, Suid-Afrika, gebaseer is. Die sanksies sluit in dat vier individue en agt maatskappye op ‘n swartlys geplaas word, alle Amerikaanse bates word gevries en hulle kan nie Amerika se finansiële stelsel gebruik nie. Die departement sê dit sal voortgaan om saam met die Suid-Afrikaanse regering te werk om te keer dat ISIS die land se ekonomie uitbuit.