Nog skok oor Noordwes se donkiekarre

ActionSA in Noordwes sê hy is diep geskok deur die provinsiale regering se verkryging van donkiekarre. Die 20 donkiekarre wat altesaam 780 000 Suid-Afrikaanse rand gekos het, is volgens die regering aangeskaf om die uitdagings wat landelike gemeenskappe in die gesig staar te verlig. ActionSA se Noordwes-voorsitter, Kgosi Kwena Mangope, sê die aankoop van die donkiekarre is net nog ‘n duidelike voorbeeld dat die ANC-regering geen plan óf die wil het om werklik verandering te bring in die mense se lewensomstandighede nie: