So sal lae-koolstof oorskakeling vir armste lande moet werk

Volgens berigte is daar tans 46 ekonomieë wat deur die VN as die minste ontwikkelde lande aangewys is, wat hulle geregtig maak op voorkeur-marktoegang, hulp, tegnologiese kapasiteitsbou en spesiale tegniese bystand, onder andere toegewings en internasionale ondersteunings-maatreëls. Die VN se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling se verslag oor die minste ontwikkelde lande is in November gepubliseer is. Dit lui dié lande is die voorbeeld waarteen die geskiedenis sal oordeel hoe effektief die wêreld ‘n regverdige lae-koolstof-oorgang maak, terwyl ontwikkelingsbehoeftes en lande se verskillende verpligtinge en vermoëns om klimaatsverandering te beveg, in ag geneem word. Chris Yelland ‘n energie-ontleder gesels met Kosmos 94.1 Nuus…