VSA-sneeustorm: Bestuurders vries dood in voertuie

Die dodetal van Amerika se ysige sneeustorm die Kersnaweek het tot  minstens 55 gestyg. In Buffalo by die Erie-meer in die weste van New York alleen, is 27 mense weens die dodelikste storm in 50 jaar sedert 1977 dood. Nooddienste sukkel om mense uit hul eie huise te bevry wat toegesneeu is en 12 000 huishoudings sonder krag is. Gestrande bestuurders op paaie vasgeval in sneeu van ses voet diep, het in hul voertuie doodgevries. Temperature van so laag as minus 45 grade Celsius het Montana en Iowa getref. Die storm oor die Groot Mere-gebied, met sneeu, ys en loeiende winde, is die gevolg van ysige lug wat oor warmer meer-waters beweeg, en sal na verwagting vandag voortduur.