Krieket: Ontslape Shane Warne vereer

Krieket: Australië se Mans-toetsspeler van die Jaar-toekenning sal vernoem word na Shane Warne. Die ontslape draaibal-koning, wat deur Australiese krieket-geesdrigtiges  bestempel word as die tweede beste speler naas Donald Bradman, is in Maart onverwags dood in die ouderdom van 52. Die Shane Warne-toekenning sal jaarliks toegeken word aan die beste mans-toetsspeler in die land. Dit word slegs oortref deur die gesogte Allan Border-medalje vir die beste speler in alle formate van die spel.