VSA skenk vir SA Covid-stryd

Covid-19 bestrydingspogings in Suid-Afrika sal ‘n finansiële inspuiting van 45 miljoen Namibiese doller ontvang vanaf die Amerikaanse regering. Dit is volgens die Amerikaanse Chargé d’Affaires, Todd Haskell, wat verduidelik die VSA en Right to Care gaan saamwerk. Die geld is ter ondersteuning van die aflewering van entstowwe en fondse vir ‘n oproep-sentrum. Die skenking volg nadat ‘n vorige Covid-19 bydrae van meer as 785 miljoen Namibiese doller gemaak is.