LP’s stry oor die woord ‘dom’

Verrigtinge in die Nasionale Vergadering is vanmiddag weer in chaos gedompel toe lede van die huis, wat debat moes voer oor die Namibiese Inkomste-agentskap die reëls van die huis oortree het en mekaar begin beledig het. Dit het begin met Henny Seibeb van die Grondlose Mense Beweging wat die Minister van Arbeid Utoni Nujoma dom genoem het.

Daar is toe geëis dat Seibeb om verskoning moet vra maar Seibeb het gesê Nujoma moet eers sy kommentaar onttrek

Nujoma het ontken dat hy die woord dom gebruik het en die Speaker, Professor Peter Katjavivi het dit toenemend moeilik gevind om die lede van die parlement, wat deur die Namibiese volk verkies is om hulle te verteenwoordig as wetgewers, te beheer.