NHE ondersoek klagtes deur bestuur

Die Voorsitter van die Namibiese Behuisingsonderneming Sam Shivute sê hy het die skrywe van die bestuur van die maatskappy ontvang en stel tans ondersoek in. Die bestuur meen dat sou stelsels nie dringend aangepas word nie, sal die onderneming groot uitdagings beleef en kan moontlik geen toekoms hê nie. Die bestuur by die NHE soos hy bekendstaan, sê oudits word nie uitgevoer nie, daar is geen toegang tot bekostigbare grond nie en swak bestuur word toegepas. Shivute het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.