VSA se vrouesokker: Daar moet aanspreeklikheid wees vir misbruik

Die Amerikaanse vleuel, Megan Rapinoe, beskryf die bevindinge van die Sally Yates-verslag oor misbruik in vrouesokker in Amerika as ontstellend. ’n Onafhanklike ondersoek eat ‘n jaar geduur het, wys dat misbruik en wangedrag sistemies is by verskeie spanne, afrigters en slagoffers in die Amerikaanse Nasionale Vrouesokkerliga. Volgens Rapinoe is dit belangrik om nou toe te sien aanspreeklikheid vind plaas en daadwerklike beleidsveranderinge word aangebring: