Aantygings teen Gordhan verbaas nie – DA

Die DA sê hy is nie verbaas oor die aantygings teen die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, nie. Die direkteur-generaal, Kgathatso Tlhakudi, het die minister in die Arbeidshof van onregmatige optrede met die verkoop van staatsondernemings beskuldig. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die minister beveel om dokumente aan Toto Investment Holdings te verskaf vir die verkoop van ‘n 51-persent-belang in die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die DA-lid, Alfred Lees, sê die party het aanhoudend vrae geopper oor die besonderhede van die ooreenkoms: