VSA sal uitlaatgasse met 52% sny

Die Amerikaanse President Joe Biden het die twee dae lange klimaatsveranderingsberaad met ‘n streng waarskuwing geopen. Hy sê die koste van onbetrokkenheid sal steeds toeneem as wêreldleiers hulle nie daartoe verbind om die kwessie van aardverwarming te takel nie. Die virtuele beraad het 40 wêreldleiers gelok, insluitend residente Cyril Ramaphosa, Xi Jinping van China, en Vladimir Putin van Rusland. Biden het ook aangekondig dat Amerika sal streef om sy kweekhuisgasse teen 2030 met 52 persent te sny: