Toerisme: VSA waarsku oor lande met Covid, Namibië geraak

Die Amerikaanse regering se waarskuwing dat sy burgers weens hoë Covid-19 vlakke nie na Suid-Afrika moet reis nie, is ‘n aanduiding dat die Suid-Afrikaanse regering die inentingsveldtog moet versnel. Gitta Paetzold, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Namibiese Gasvryheidsvereniging sê dit het ‘n groot impak op Namibië ook omdat kansellasies wel in die verband ontvang is.