Geweld dra by tot skool swangerskappe

Statistieke in verband met tiener swangerskap en skoolverlating het verdubbel toe die inperkings verlede jaar in Namibië gelig is. Die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Onderwys Sanet Steenkamp sê 3 300 skoolmeisie het verlede jaar swanger geraak, tenoor 1 560 in 2019. Van die swangerskappe kom ook as gevolg van geslagsgeweld voor wat verkragting en ongelyke magsposisies in verhoudings insluit. Namibië het baie goeie beleid in plek om die tipe van uitdagings aan te spreek maar, daar is begrotingstekorte in die toepassing van die wette sowel as kulturele uitdagings. Die oorsaak van geweld moet ook op grondvlak aangespreek word en dit sluit kwessies soos armoede in.