VSA sal by Israel staan as Iran aanval – Biden

President Joe Biden van Amerika waarsku Iran dreig met ʼn groot wraakaanval op Israel ná ʼn bomaanval op ʼn Iranse konsulêre gebou in Damaskus. Dertien mense waaronder senior Iranse militêre leiers is verlede Maandag in die aanval dood. Israel het nog nie amptelik aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie, maar daar word wyd bespiegel dat hy daarvoor verantwoordelik was. Biden sê Amerika is onlosmaaklik verbind tot Israel se veiligheid teen hierdie dreigemente deur Iran en sy vennote.