Cosatu vra plan teen kragverhogings en munisipale skuld

Die vakbondfederasie Cosatu sê die Wysigingswetsontwerp op Skuldverligting vir Eskom sal die kragverskaffer help om onderhoud voorop te stel en beurtkrag te beëindig. Hy verwelkom president Cyril Ramaphosa se goedkeuring van die wet, wat deurslaggewend is om Eskom te stabiliseer. Cosatu vra lank reeds die regering se oorname van Eskom se onvolhoubare skuld vir ekonomiese groei en om die nutsmaatskappy te herbou. Woordvoerder Matthew Parks vra volledige planne teen korrupsie, munisipale skuld en tariefverhogings: