Geen benul wat Geingob se begrafnis gekos het nie

Plaaslike media berig dat die regering nie ‘n idee het oor die kostes wat aangegaan is vir die begrafnis van wyle president Hage Geingob nie. Geingob is op 4 Februarie dood en is op 25 Februarie begrawe. Die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe hou voet by stuk dat alle verkrygingsreëls nagekom is in verband met die drie weke van rou na vrae daaroor gevra is. Volgens Mathe kom fakture nog in en dus is die finale berekenings nog nie gemaak nie. Hy het onderneem om die kostes bekend te maak wanneer alles betaal en gekonsolideer is.