VSA: Rusland verkoop sy olie teen afslag aan China en Indië

‘n Beplande platform vir Russiese oliepryse in die Weste maak ‘n verskil, sê Janet Yellen, Amerikaanse minister van die tesourie. Sy voeg by Rusland verkoop sy olie nou teen geweldige afslag aan China en Indië. Europa gaan in Desember ophou om sy grootmaat-aankope van drie miljoen vate per dag van Rusland te koop en meer druk op Rusland te plaas om nuwe kopers vir sy olie te vind. ‘n Taai winter staar Europa in die gesig terwyl energievoorraad min sal word wanneer hy ophou om Russiese energie te koop.