Shiimi wil tjeks in Namibië wettig uitfaseer

Die Namibiese minister van finansies, Iipumbu Shiimi, het die tjek-wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê om ‘n finale einde van tjeks as ‘n wyse van betaling te wettig. Die stelsel is in Junie 2019 uitgefaseer, maar het nog nie ‘n regsgrondslag gehad om die afskaffing daarvan te ondersteun nie. Shiimi sê die belangrikste redes vir die bankbedryf se besluit om tjeks uit te faseer was dat tjeks bewys het dat dit ‘n riskante betaal-instrument is omdat dit hoogs vatbaar is vir bedrog in vergelyking met ander betaal-instrumente soos kaarte en elektroniese fondsoorplasing.