DA: Plaaslike regerings nog meer wanfunksioneel

Die DA sê die plaaslike regering het in die nuwe boekjaar net nog meer wan-funksioneel geword. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie vandeesweek ‘n verslag aan die parlement se begrotingskomitee ter tafel gelê het. Ashor Sarupen van die party sê munisipale skuld aan Eskom het skerp gestyg tot op 39,8 miljard Suid-Afrikaanse rand en munisipale skuld aan waterrade het nou 15,1 miljard rand bereik. Sarupen voeg by die verslag is ‘n weerspieëling van hoe die ANC plaaslike regering en dienslewering tot in die grond gedryf het.