‘Ons kan nie onderhandel nie, daar is nie geld nie’

Die Direkteur-Generaal van die NBC het vroeër vanoggend by die perskonferensie in die hoofstad gesê dat onderhandelings met die korporasie se personeel begin het toe hulle 417 miljoen doller van die regering verwag het vir die huidige finansiële jaar. Hy het bygevoeg dat sou hulle die bedrag van 334 miljoen doller wat hulle in die 2020-2021 jaar ontvang het weer kry, sou hulle steeds met personeel oor verhogings kon onderhandel. Maar, vanjaar se befondsing is eenvoudig te laag.