ANC hartseer oor Hani-moordenaar se vrylating

Die ANC-president Cyril Ramaphosa, sê die party is baie hartseer en teleurgesteld dat Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, op parool vrygelaat is. Walus het Hani, die leier van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party, in April 1993 in ‘n sluipmoord-aanval doodgeskiet. Ramaphosa sê Hani was een van die groot geeste van Afrika en een van die mees geliefde mense, en sonder enige twyfel ‘n buitengewone leier van die rewolusionêre beweging.