VSA konfiskeer 6 300 vuurwapens in handbagasie op lughawens

Amerika se administrasie vir vervoersekerheid het die boete verhoog vir mense wat met ‘n vuurwapen in hul handbagasie by lughawens betrap word. Dit volg op die onderskepping van ‘n rekordgetal vanjaar by veiligheidskontrolepunte van meer as 6 300 vuurwapens waarvan 88 persent gelaai was. Die boete word tot bykans 260 000 Namibiese dollar verhoog. Die aantal vuurwapens wat by Amerikaanse lughawens gevind is, het die afgelope dekade algaande gestyg.