Toekoms van Oekraïne begin by sy kinders

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die toekoms van Oekraïne begin by sy kinders. Hulle help om skole te gebou wat in die Russiese inval verwoes is. Die kommissie stuur ook honderde busse sodat kinders veilig skool toe kan reis. Von der Leyen verwelkom die ooreenkoms oor die negende stel sanksies teen Rusland. Sy sê dit fokus op tegnologie, finansies en die media om die Russiese ekonomie en oorlogsmasjien verder van koers af te dwing.