Malema: Wit regering was beter as ANC-regering

Die EFF-leier Julius Malema sê die vorige wit regering was beter as die ANC-regering, want die ANC gee nie om vir die verbetering van die lewens van swart mense nie. Malema het gister afgevaardigdes toegespreek by die derde provinsiale volksvergadering van die EFF in Limpopo. Hy sê President Cyril Ramaphosa moet weet sy oorwinning by die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg, beteken niks vir die EFF nie, en die party sal steeds teen hom opstaan. Malena sê hulle sal die ANC beveg om te verseker die party wen nie in 2024 nie.