VSA hou besending van 3 000 bomme aan Israel terug
Amerika het verlede week ʼn besending van meer as 3 000 bomme na Israel teruggehou te midde van kommer oor ʼn inval in Rafah in Gaza. Die Israelse weermag het die hoof-grenspos tussen Gaza en Egipte in Rafah oorgeneem en ʼn belangrike roete vir humanitêre hulp afgesny. ʼn Amerikaanse amptenaar het aan die Washington Post gesê deur die besending se aflewering uit te stel, beklemtoon dié land sy kommer oor Israel se aanval op Rafah.