VSA het nie die vermoë om almal te ontruim uit Kaboel nie

Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin, sê die land beskik tans nie oor die vermoë nie, om die groot aantal Amerikaners te ontruim wat buite Kaboel in Afghanistan gestrand is. President Joe Biden het gesê Amerikaanse magte sal in Afghanistan bly totdat alle Amerikaners ontruim is, al beteken dit hulle moet na sy sperdatum van 31 Augustus aanbly. Austin sê hulle prioritiseer tans drie belangrike bekommernisse by die Hamid Karzai Internasionale Lughawe in Kaboel: