Kunene se handwerkers is verlig

Die Handwerkvereniging in die Suide van Kunene sê hulle maak staat op meer toeristse om ekonomiese aktiwiteite te kan hervat. Maar volgens die vereniging se adjunk-voorsitter Valerie Namases is daar reeds besoekers aan die gebied en lede het weer begin om skeppings te maak. Nes in plekke soos Okahandja, is die handwerkers afhanklik van besoekers om ‘n lewe te maak. Verskeie van die stalletjies is ook reeds in Okahandja weer oopgemaak en toeriste word ook op die perseel gesien. Willem Nanub wat ‘n stalletjie in Khorixas het, het aan nuusagentskappe gesê die getalle toeriste wat in die afgelope tyd hom ondersteun het bevredigend is maar dat daar hoop is dat die situasie binnekort sal normaliseer.