Vrystelling van Fukushima-water begin DonderdagAugust 22, 2023

Japan het vanoggend aangekondig dat hy op Donderdag 24 Augustus sal begin om meer as 1 miljoen metrieke ton behandelde radioaktiewe water uit die verwoeste Fukushima-kernkragsentrale vry te stel. Die plan, wat reeds twee jaar terug goedgekeur is het sterk kritiek van China ontlok sowel as visseryvakbonde in Japan. Maar die hoof van die VN se Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi het reeds die aanleg besoek en is tevrede.