Vrystaatse regering sal huise in Jagersfontein bou

Die Vrystaatse regering sê ongeveer 160 nuwe huise sal gebou word vir die gesinne wat in Jagersfontein ontwortel is, is ná ‘n myndamwal gebars het. Die premier, Sisi Ntombela, sê bouwerk sal vandag begin. Die premier het op die begrafnisdiens van een van die slagoffers gesê inwoners wat geraak is sal ‘n plan kan uitkies voor die huise gebou word. Ntombela sê die projek sal voor einde Desember klaar wees.