Klimaatsgeregtigheid vir Afrika onder die loep

‘n Organisasie sonder winsbejag, 350Africa, sê die dringendheid van die klimaatskrisis kan nie onderbeklemtoon word nie, veral in Afrika. Klimaatsaktiviste eis klimaatsgeregtigheid en vergoeding vir nasies wat die meeste deur die krisis geraak word. Dit is genoem voor die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingskonferensie, COP27, in November plaasvind. Landry Ninteretse van 350Africa sê dit is kommerwekkend dat nasies van die Europese Unie eerder hul aandag op die vasteland se gasbehoeftes fokus as om ‘n broodnodige regverdige oorgang in Afrika te befonds.