Vrystaatse premier ontmoet met Jagersfontein mynhoofde

Die Vrystaatse premier Sisi Ntombela ontmoet vandag in Bloemfontein aandeelhouers van Jagersfontein Development Projects Mine. Die myn se damwal het verlede maand gebreek en tonne modder het uitgestroom waarna twee mense dood en meer as 200 dakloos gelaat is. Die premier se woordvoerder, Palesa Chubisi, sê hulle sal ook die vordering bespreek met betrekking tot riglyne wat die Departement van Water en Sanitasie en die Departement van die Omgewing aan die maatskappy uitgereik het: