Schlettwein sal kabinet nader oor uraan-eksplorasie

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê hy sal die kwessie van uraan-eksplorasie in die Stampriet-bekken na die kabinet neem vir oorweging. Hy sê die akwifer is uiters belangrik en word deur die eksplorasie bedreig.

Hy sê Namibië kan nie bekostig om sy waterbronne te besoedel nie.