Vrystaatse boere loop deur onder oorgrens misdaad van Lesotho

Die Departement van Landbou in die Vrystaat sê boere in die Zastron-, Klaarwater-, Boesmankop- en Springvallei-gebiede in die Suid-Vrystaat is negatief geraak deur die toename in diefstal van vee en infrastruktuur, plaasaanvalle en moorde op die grens met Lesotho. Die departement se veiligheidsrisiko-ontleder, Jane Buys, beweer die Departement van Openbare Werke se versuim om die paaie langs die grens reg te maak, skep ‘n poort vir misdadigers vanaf Lesotho. Sy sê die departement sal voortgaan om te probeer om oplossings vir die probleem te vind.