Afrika loop risiko om epi-sentrum van terreur te raak

Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het as voorsitter van die Afrika-unie se Vredes- en Veiligheidsraad beklemtoon Afrika het ‘n oplewing van terrorisme gesien en staan voor die uitdaging om ‘n epi-sentrum van terrorisme en gewelddadige ekstremisme te word. Sy sê dit is van kritieke belang vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-unie om betrekkinge te versterk om terreur-aanvalle in die noorde van Mosambiek te beëindig. Mosambiek ervaar onstabiliteit sedert 2017. Minstens 700 000 mense is ontheem as gevolg van die terreurgeweld en meer as 4 000 is dood. Nandi-Ndaitwah gesels met Kosmos 94.1 Nuus.