Voorbereidings vir vryhandel-ooreenkoms goed op dreef

Afreximbank besoek op die oomblik Namibië in verband met die Afrika-vryhandel-ooreenkoms. Namibië stel op 21 November sy aksieplan in die verband bekend. Die Afrika-uitvoer- en invoerbank se mandaat sluit in om Afrika-handel te bevorder en te fasiliteer deur handelsverwante projekte, finansiering asook adviesdienste aan kliënte te verskaf. Sikongo Haihambo, uitvoerende direkteur in die handelsministerie sê die land sien uit na die ooreenkoms, wanneer die SACU-vereistes voltooi is.