Vier mense was wat rob met klippe gooi

Vier mense is in hegtenis geneem in verband met ‘n aanval Sondagaand op ‘n Kaapse pelsrob by die Monwabisi-strand in Kaapstad. Die adjunkburgemeester, Eddie Andrews, sê die verdagtes het die rob met klippe bestook en die Dierebeskermingsvereniging moes die dier uitsit weens die erns van sy beserings. Andrews sê dit was een van die wreedste aanvalle op wilde diere in die stad die afgelope tyd. Hy het inwoners daaraan herinner om nie enige mariene- en wilde diere aan die kus te nader nie, omdat hul natuurlike reaksie sal wees om hulself te verdedig, en dit kan lei tot aggressiewe gedrag.