Russiese generaals sê die oorlog teen Oekraïne moet op 1 Mei eindig

Russiese generaals het volgens berigte aan hulle soldate gesê die oorlog in Oekraïne moet teen 9 Mei eindig. Volgens Oekraïnse militêre bronne, is die datum beduidend, aangesien dit die jaarlikse herdenking van Oorwinningsdag is, wanneer Rusland se geslaagde veldtog in die Tweede Wêreldoorlog met ‘n militêre parade in Moskou gevier word. Internasionale media berig ook die dodetal ná verlede week se bomaanval op ‘n teater in die Oekraïense stad Mariupol, staan na raming op ongeveer 300. Honderde mense het in die gebou skuiling gesoek sedert die Russiese inval ‘n maand gelede.