Vryheidsfront-Plus oor die Kubaanse dokters

Die Vryheidsfront-Plus in Suid-Afrika het bekendgemaak dat die salarisse van sestien Kubaanse dokters wat in hospitale in die Vrystaat ontplooi is, meer as 1,3 miljoen Namibiese dollar per maand beloop. Die party het sy ontsteltenis uitgespreek oor wat hy bestempel as onnodige druk op ‘n reeds oorspanne fiskus en is die salarisse ‘n klap in die gesig van werklose Suid-Afrikaanse dokters. Kubaanse dokters werk sedert Mei 2020 in Vrystaatse hospitale. Pieter Groenewald leier van die Vryheidsfront-Plus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.