Betogings oor Zuma se tronkstraf

Geweldadige betogings het oornag in sommige dele van Kwa Zulu-Natal voorgekom uit protes teen oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf. Vragmotors is aan die brand gesteek en van die roetes moes tydelik gesluit word. Die Suid-Afrikaanse polisie beskou die geweldadige betogins in ‘n ernstige lig, volgens die buurland se minister van Polisie Bheki Cele. 13 Mense is reeds gearresteer en kan volgens Cele van ekonomiese sabotasie aangekla word.