Lekker rugby vandag

Die Haaie se afrigter, Sean Everett, het talle veranderinge aan die span aangebring vir vandag se tweede wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus op Loftus Versfeld in Pretoria. Slegs drie spelers behou hulle posisie in die span wat Woensdag met 54-7 die knie voor die besoekers moes buig. Die Southern Kings se gewese kaptein, Lionel Cronjé, sal die nommer 10-trui aantrek in die plek van Springbok Curwin Bosch, wat een van drie plaasvervangers is. Die Blitsbok Werner Kok skuif van vleuel na buite-senter. Die wedstryd skop vanaand sesuur af.