Vryheid van keuse: Namibië vaar goed, maar daar’s ruimte vir meer

‘n Politieke ontleder stem saam met die bevindinge van Ghana-gebaseerde AfroBarometer-verslag, ‘n opname oor demokrasie, regering en lewenskwaliteit. Volgens die verslag ervaar meer as 80 persent Namibiërs vryheid van uitdrukking, 90 persent voel vry om by enige politieke party van hul keuse aan te sluit of in ‘n verkiesing te stem sonder om enige druk te ervaar. Daar is kommer met 76 persent Namibiërs wat in 2014 demokrasie verkies het, gedaal het tot 55 persent in 2021. Plaaslike politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die land goed vaar in vergelyking met ander Afrika-lande, maar dat daar nog ruimte vir verbetering is.