Amper 30 000 werkloses sluit aan by Kaapstadse databasis vir werkloses

Die Stad Kaapstad sê sowat 29 500 werklose inwoners het sedert die registrasieveldtog in Julie begin het, by die uitgebreide openbarewerkeprogram se databasis vir werksoekers aangesluit. Altesaam 17 uitreikgeleenthede waar mense kon aansluit, is aangebied sedert die stad se nuwe boekjaar begin het. Die burgemeesterskomiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, sê die program verskaf ‘n waardevolle oorbruggingsgeleentheid vir werklose inwoners wat wag vir werksgeleenthede in die formele ekonomie: