Noble, Azhar vandag gevonnis

Hoërhofregter Orben Sibeya sal vanoggend die Walvisbaaise kokaïensmokkelaars Grant Noble en Dinath Azhar vonnis. Die twee het vier jaar gelede probeer om ’n vraghouer met 412 kilogram kokaïen teen ‘n beraamde waarde van 206 miljoen Namibiese dollar vanaf Brasilië die land in te smokkel. Beide is op 19 Augustus onskuldig bevind op een klagte van geldwassery maar kon nie die klag van dwelmsmokkelary ontduik nie. Nie een van die twee het tydens die finale betoë voor vonnisoplegging die getuiebank ter strafversagting betree nie. Albei word in die Windhoekse Korrektiewe Fasiliteit vir verhoorafwagtendes aangehou.