Vroue, tuinbouers opgelei vir voedselsekerheid in landelike gebiede

Gedurende die 2021-2022-oesseisoen het net minder as 45 000 boere, waarvan die helfte vroue was, baat gevind by insette en gemeganiseerde dienste van die landbouministerie se Droëland-gewasproduksieprogram. Gedurende dieselfde jaar het altesaam 771 tuinbouprodusente, waarvan 50 persent vroue was, ook by die tuinbou-ondersteunings- en waardeketting ontwikkelingsprojek baat gevind. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ndiyakupi Nghituwamata, sê die uitdaging van voedselonsekerheid, veral in landelike gebiede, gegewe die land se toenemende landelik-stedelike migrasie, het ‘n negatiewe impak op landbouproduksie. Sy voeg by vroue aansienlik bydra tot huishoudelike investering, gemeenskapsveerkragtigheid, nasionale ekonomiese groei en die lewenskragtigheid van streeks-ekonomieë. Maar, hul pogings word egter beperk deur ‘n gebrek aan toegang tot produktiewe hulpbronne, tegnologieë, dienste en marktoegang.