Dlamini-Zuma stem nie saam met opsystaanreël nie

‘n Lid van die ANC se nasionale verkiesingskongres, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê die party se opsystaanreël is onregverdig. Die ANC wil die reël in sy grondwet opneem by sy verkiesingskonferensie in Desember. Die reël wat by die 2017-konferensie ingestel is, het daartoe gelei dat talle vooraanstaande ANC-leiers by verkiesingsgeleenthede moes opsystaan weens hangende strafregtelike sake teen hulle. Dlamini-Zuma sê die opsystaanreël is strydig met die land se grondwet:

Intussen sê Dlamini-Zuma die ANC moet geslagsgelykheid ernstiger opneem. Sy sê dis tyd dat ‘n vrou die regerende party se leisels oorneem: